SATERDAG
25 FEBRUARIE 2017
10:30
SATERDAG
25 FEBRUARIE 2017
10:30
MARIA’S MANOR
NOORDWALWESSTRAAT 9
STELLENBOSCH
VIR MEER INLIGTING KONTAK
TALITHA 082 474 5652
CHARLES 074 364 2807
PARKERING EN VEILIGHEIDSWAG
Daar is voldoende parkering beskikbaar in Noordwal-Wesstraat aan die rivieroewer. ’n Wag sal aan diens wees om die veiligheid van ons gaste se motors te versekere. Ons weet Fernandu sal ’n fooitjie vir sy diens baie waardeer.
Hou asseblief in gedagte dat die Stellenbosch Wynfees ook op die 25ste gevier word. Ons moedig u dus graag aan om ‘n rapsie vroeër te arriveer om parkering naby Maria’s Manor te verseker.
STIPTELIKHEID
Ter wille van die gewydheid van die seremonie vra ons groot asseblief dat u nie later as 10h30 u sitplekke inneem nie. Ons wil dit ten alle koste vermy om daarna weer die deure, wat aan die straatkant van Maria’s Manor geleë is, oop te maak. U is welkom om vanaf 10h00 te arriveer.
GEEN SELFOON-FOTOS
Ons vra nederig dat u asseblief geen selfoon-fotos gedurende die seremonie neem nie. Die baie bekwame fotograaf sal verseker dat elke oomblik pragtig vasgevang word, en ons sien uit om binnekort ons mooie fotos met u almal te deel!